Wolmaransstad Prysuitdeling 2018
- By Jean Booyse
- •
- 05 Nov, 2018
- •
Hoërskool Wolmaransstad het op 18 Oktober 2018 hulle prysuitdeling gehou om aan leerders erkenning te gee vir hulle prestasies vir 2018.

Tydens hierdie glansgeleentheid is Annami Marx aangewys as die Dux-leerling vir 2018. Sy het 'n gemiddeld van 87.6% gehandhaaf. Sy het die beste vakprestasies gehad in Afrikaans, Engels, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Wiskunde en Lewensoriëtering.

Tanya Whitehorn is aangewys as die mees veelsydigste sportleerder vir 2018. Sy het die toekenning ontvang vir haar besonderse prestasies in atletiek, hokkie, netbal en krieket. Sy is opgeneem in die Suid-Afrikaanse 0/19 B-krieketspan vir 2017/2018. Sy was kaptein van hierdie span.

Annami Marx het die Fanie van Zyl trofee ontvang vir die mees veelsydigste graad 12 leerder. Sy ontvang hierdie toekenning vir haar buitengewone bydrae op die sportveld, op kultuurgebied, akademie en vir haar besonderse leierskap wat sy ten toon gestel het.

Jan Blignaut was Hoërskool Wolmaransstad se sportman van die jaar 2018. Hy het besonderse prestasies getoon in luggeweerskiet en atletiek. Hy is in albei sportsoorte vir die Noordwesspan gekies, en het 1ste gekom in hoogspring op die Noordwes kampioenskappe. Hy het ook 'n 1ste plek behaal op die Suid-Afrikaanse Skietkampioenskappe in die 10m Olimpies.

Lize Blignaut was as sportvrou vir 2018 aangewys. Sy het besonderse prestasies behaal in atletiek en luggeweerskiet. In albei sportsoorte het sy Noordwes verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe. Sy was 1ste by die Noordwes kampioenskappe in diskus. Sy het 'n 3de plek behaal by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir die 0/20 10m Olimpies.
Aan elke leerling van Hoërskool Wolmaransstad wat hierdie jaar sy hart vir die skool gegee het, sê ons dankie. Baie geluk met elkeen se toekennings. Bly in 2019 die hartklop van die platteland.
Aan elke leerling van Hoërskool Wolmaransstad wat hierdie jaar sy hart vir die skool gegee het, sê ons dankie. Baie geluk met elkeen se toekennings. Bly in 2019 die hartklop van die platteland.