KOSHUIS
Wolmaransstad beskik oor 4 groot koshuise en kan tot 300 persone akkomodeer. Ons koshuise is die hartklop van ons Hoërskool en bied vir leerders wat ver bly die geleentheid om die volle Wollies-ervaring te kry
- Van Der Horst Seunskoshuis:
Tans het ons ongeveer 50-60 seuns in ons koshuis. Ons koshuise bied 'n geleentheid vir enige jong seun om 'n verantwoordelikheidsin aan te leer en te groei in 'n jong selfstandige man.
- Wentzel Meisieskoshuis:
Hier is ook ongeveer 50-60 meisies in die koshuis. Ons meisies leer hier die waarde van vriendskap en word spreekwoordelik susters in die koshuis. Hulle groei in jong dames wat standvastig die samelewing kan binnegaan.
Koshuisaktiwiteite sluit die volgende in:
- Koshuisdinee
- Valentynsbal
- Koshuis potjiekos
- Mnr. en Me. Koshuis
- Koshuissokkies
Studietye:
18:30 tot 19:30 en weer 19:45 tot 20:45
Omstreek 21:15 is dit ligte uit.
Bus:
Ons het 'n bussies wat elke Maandagoggend leerders oplaai en weer Vrydagmiddag aflaai. Hierdie roetes sluit in Sannieshof, Christiana, Bloemhof, Klerksdorp en Schweizer-Reneke via Migdol en Glaudina. Kostes verbonde aan hierdie bussie is R50 vir 'n enkelrit of R300 per maand. Busgeld kan by die finansies beampte, Me. E. Rossouw, inbetaal word. Dit kan ook elektronies betaal word met die verwysing: "Leerder naam BUSGELD"
Tye vir Maandae:
05:25 by Middas in Schweizer-Reneke
05:55 by Migdol
Caltex in Sannieshof
Engen in Christiana
Spar in Bloemhof
Rio Casino in Klerksdorp
Tye vir Vrydae:
14:15 by Midas in Schweizer-Reneke
14:45 by Migdol
Caltex in Sannieshof
Engen in Christiana
Rondebult in Bloemhof
Rio Casino in Klerksdorp
Kostes:
Januarie R 3000 verpligte paaiement vooruitbetaalbaar vir toelating tot die koshuis
Daarna R 2500 vir 9 Maande
Kwartaallikse betalings
1ste (Jan, Feb, Mrt) R 8000
2de (Apr, Mei, Jun) R 7500
3de (Jul, Aug, Sep) R 7500
4de (Okt) R 2500
TOTAAL R 25 000