AKADEMIE
Hoërskool Wolmaransstad is verseker die beste skool in Noordwes, wanneer dit kom by geleenthede op akademiese gebied. Ons beskik oor ‘n wye verskeidenheid vakke vir ‘n algemene studierigting, asook ‘n volle tegniese studierigting.
2023 Resultate
73 Kandidate lê die eindeksamen af en Wollies verwerf 'n 100% slaagsyfer.
Wollies is trots daarop om 5de geplaas te wees in die provinsie.
Leerders behaal 'n 100% slaagsyfer in Rekeningkunde, Afrikaans Huistaal, RTT, Verbruikerstudies, Ekonomie, Geografie, Elektriese tegnologie, Siviele tegnologie, Pas-en-draai, Motors, IGO, Engels EAT, LO, Wiskundige geletterdheid, Wiskunde, Tegniese Wiskunde, Tegniese Wetenskap en Toerisme.
Wollies behaal die volgende posisies per vak in Noordwes:
Tegniese Wiskunde 1ste
Pas-en-draai 1ste
Siviel 2de
Verbruikerstudies 4de
Tegniese Wetenskap 7de
Motors 7de
Elektries 8ste
IGO 15de
Afrikaans HT 16de
Engels FAL 19de
Fisiese Wetenskap 19de
Leerders behaal merkwaardige prestasies.
Masegi Ramantsi behaal 5 onderskeidings.
Chané Botha behaal 4 onderskeidings met die 5de beste vakprestasie in Verbruikerstudies, 42ste in LO en 65ste in Afrikaans in Noordwes Provinsie. Thandi Mothupi behaal 4 onderskeidings.
Caitlyn Lotter en Johan van Niekerk behaal elk 3 onderskeidings.
Dian van Zyl behaal die 6de beste vakprestasie in Tegniese Wiskunde, die 7de beste vakprestasie in Pas-en-draai en die 21ste beste vakprestasie in Tegniese Wetenskap in Noorwes.
Verskeie ander leerders behaal beste vakprestasie in ander vakke in Noordwes.
2024 Resultate
88 Kandidate lê die eindeksamen af en Wollies verwerf 'n 96.6% slaagsyfer.
Leerders behaal 'n 100% slaagsyfer in Afrikaans Huistaal, RTT, Verbruikerstudies, Siviele tegnologie, Motors, IGO, Engels EAT, LO, Landbouwetenskap, Lewenswetenskap, Wiskunde, Tegniese Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Tegniese Wetenskap en Toerisme.
Wollies behaal die volgende posisies per vak in Noordwes:
Tegniese Wiskunde 2de
Siviel 2de
IGO 6de
Tegniese Wetenskap 7de
Motors 11de
RTT 13de
Fisiese Wetenskap 20ste
Verbruikerstudies 22ste
Leerders behaal merkwaardige prestasies.
Nathen du Plessis en Marlè Victor behaal elk 6 onderskeidings.
VAKKEUSES Gr 10 - 12
Algemeen:
Ons spog met topgehalte onderwysers in al die vakgebiede en bied ‘n wye vakkeuse aan die leerders.
Hy/sy sal drie van die volgende vakke kan kies:
- Fisiese Wetenskappe
- Lewenswetenskappe
- Rekeningkunde
- Ekonomie
- Besigheidstudie
- Verbruikerstudie
- Geografie
- Rekenaartoepassingstegnologie
- Toerisme
- Landbouwetenskap
- Landboubestuurpraktyk
- Landboutegnologie
- Musiek
Hy/sy sal hierdie vakke saam met Afrikaans (Huistaal), Engels (Eerste Addisionele Taal) en Lewensoriëntering neem, asook ‘n keuse tussen Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid.
Wanneer u kind Fisiese Wetenskap of Rekeningkunde gaan neem in graad 10, sal Wiskunde verpligtend wees.
Tegnies:
- Afrikaans, Huistaal
- Engels, Eeste Addisionele Taal
- Lewensoriëntering
- Wiskunde of Tegniese Wiskunde
- Fisiese Wetenskap of Tegniese Wetenskap
- Meganiese Tegnologie:
(Keuse van 2 rigtings) - Pas- en Draaiwerk
- Motorswerktuigkunde
- Siviele Tegnologie:
- Konstruksie
- Elektriese Tegnologie