Hoofdogter 2018 se toespraak
- By Jean Booyse
- •
- 18 Oct, 2018
- •
Annami Marx se vaarwel boodskapAnnami Marx se vaarwel boodskap
Soos Hoërskool Wolmaransstad groei verander die beeld van die skool ook. Die VLR van 2017/2018 het dit goed gedink om met geld wat ons deur die jaar ingesamel het, 'n nuwe "mascot" vir die skool te skenk. Ons hoop dat hierdie "mascot" 'n bydrae sal lewer om voort te bou op die goeie gees van die skool. Daarom is dit vanaand vir my en Malan 'n groot voorreg om die Rooibom aan julle bekend te stel.
Goeie naand Mnr. en Mev. Wassermann, beheerliggaam, Mnr. Lambrechts, Mnr. van der Westhuizen, ouers en vanaand se eregaste - die leerders.
Wat 'n voorreg was dit nie om vyf jare in die banke van Hoërskool Wolmaransstad te kon spandeer nie. Tussen die klaskamers en in die koshuisgange hardloop die herinneringe rond en as die mure stories kon verelsou jy nooit ophou luister het nie. Op die sportvelde weergalm die Rooibom kreet en my hart bars van trots wanneer ek terug dink aan elke oomblik wat ons op daardie pawiljoene gestaan het en oorverdowend geskree het vir ons sportspanne.
Hoërskool Wolmaransstad dankie vir dae van lag en dans, dankie vir dae van huil en dankie vir die dae wat ek kon leer hoe om aan te hou en uit te hou. Dankie aan elke onderwyser wat dag na dag so groot rol in ons lewens speel. Wat onvoorwaardelik daar is om ons te help selfs al het die skoolklok ure terug gelui. Dankie dat meneer en juffrou in die oggende ons leer om te verstaan en te luister, in die middae ons leer van spanwerk en uithou vermoë en in die aande saam ons koshuiskoffie drink en luister na ons hartsake. Ons sal nooit genoeg kan dankie sê vir al die opofferings wat gemaak is vir ons nie, maar weet net elkeen van ons stap hier weg met harte vol dankbaarheid en lesse wat ons oor jare steeds sal onthou.
Dankie aan elke Wollie hart wat hierdie trots met my deel. Dankie vir ondersteuning wanneer die Fisiese Wetenskap te moeilik raak of wanneer die wedstryd te lank voel. Die bande wat ek met julle kon bou het my gedra wanneer die opdraende te steil word, en wanneer die pad gelyk was het julle saam my elke oomblik daarvan geniet. My hart raak seer as ek dink aan dat ons uit mekaar gaan spat en dat ek nie meer julle elke oggend met moeë oë julle gaan grote en saam saam moed skep vir die dag nie.
Maar ek is so opgewonde oor wat die toekoms vir elkeen van ons inhou en ek wens julle soveel voorspoed toe. En die van julle wat in die skoolbanke agter bly, neem deel aan elke aktiwiteit wat aangebied word en doen dit met oorgawe vir die skool. Hoërskool Wolmaransstad is werklik die beste skool in die land.
Aan die VLR van 2018/2019 baie sterkte met die taak wat voor julle lê, ek hoop dat julle die skool sal lei met positiwiteit en dat julle die skool net nog beter sal maak.
Hierdie jaar het ek soveel gegroei, en het soveel mense om te bedank vir hulle bydrae, dankie aan Malan wat my ondersteun het. Ek is so dankbaar vir die vriendskap wat ons kon bou, dankie aan die VLR-lede wat saam met ons gestaan het en altyd bereid wat om te help. Dankie aan Mev. Wassermann, Mnr. Jean en Juf. Michelle wat ons gelei het. Dankie aan elke skouer waarop ek kon huil, veral my ouers. Dankie dat julle my ondersteun het en my altyd bygestaan het. Dankie aan 'n gemeenskap wat net die beste vir die skool wil hê. Dit is ongelooflik om soveel ondersteuning te kry met elke projek wat aangebied word.
Mag die Here Wolmaransstad seën en mag hierdie skool net voorspoed beleef. Ons groet nie vanaand nie want hierdie rots en familiebande verval nie na 5 jaar nie. Die tye tussen die klaskamers en die koshuisgange sal my vir altyd by bly en my hart sal nooit ophou om te bars van trots as ek die skoollied sing nie. Hoërskool Wolmaransstad mag elkeen van ons in ons leef en groei deur jare steeds voor op ons Skepper staan.