Wollies-rugby presteer


Hoërskool Wolmaransstad beleef 'n ongelooflike herlewing met ons rugby. Ons het hierdie jaar 5 spanne in die Noordwes-finaal gehad.
Tydens hierdie finaal het ons 0/14's en 0/15's as wenners uit die stryd getree. Ons 0/16's, 2des en 1stes was naaswenners. Al 4 ons A-spanne het egter steeds gekwalifiseer vir die Kampioene Trofee, wat die nuwe naam is vir die ou Virsekerbeker.
In die kwartfinale op 03 en 04 Augustus het ons 0/15's ongelukig verloor na hulle droomseisoen, maar kan steeds roem opdie feit dat hulle Noordwes kampioene is.
Die 0/14's het in Johannesburg teen Hoërskool President met 52 punte teenoor 0 gewen. Die 0/16's het ook geseëvier oor HTS Klerksdorp deur 17-5 te wen. Die eerste span het na 'n baie harde en fisiese wedstryd vir Hoërskool Carletonville laat les opsê en hulle wen hulle kwartfinaal 38-18 om na die semifinaal te vorder, ten spyte van die feit dat hulle 'n baie jong span is.
Donderdag, 09 Augustus om 09:00 speel ons 0/14's teen Hoërskool Frans du Toit op ons eie veld. Saterdag om 10:00 speel die 0/16's teen Hoërskool President en die 1stes speel teen die verdedigende kampioene, Allen Glen High School om 11:30. Albei hierdie wedstryde is weg.
Ons bedank net weereens elke speler, afrigter en ouer vir hulle konstante ondersteuning om Wollies se rugby weer sterk te maak.



