SÓ BEK KORT JÊM

  • By Jean Booyse
  • 16 May, 2018

Wollies praat die wêreld aan die brand

Malan van Zyl in aksie.
Wollies se redenaars en debatteerders het die afgelope twee weke aan die finale Noordwes redenaars- en debatskompetisies deelgeneem. Ons het die laaste twee jaar in hierdie gebied van krag tot krag gegroei.

Lethabo Lefera, Bokamoso Radebe, Nomvuyo Dijane en Rebaone Phutiagae is deur na die semi-finaal van die ATKV Redenaarskompetisie in addisionele taal. Hulle sal Vrydag, 18 Mei 2018 op Rustenburg gaan deelneem.

Ons debatspanne het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt tydens die Noordwes se finale rondte. Hulle argumente het die toets van tyd weerstaan teen hulle opponente. P.J. Marx, Jan-Hendrik Barkhuizen en Sofia Stavrou is in een juniorspan. Ntombi Ngidi, Bonolo Kunene en Lethabo Lefera is ons ander juniorspan. Ons laaste juniorspan bestaan uit Lindie Breytenbach, Janri Scholtz en Derik Gouws. Al drie ons juniorspanne is deur na die semi-finaal wat Saterdag, 26 Mei 2018 op Rustenburg plaasvind. Ons seniorspan - wat bestaan uit Malan van Zyl en Annami Marx - het ook deurgedring na die finaal.

Ons wens al hierdie kinders sterkte toe met hulle voorbereiding vir hulle semi-finale.
By Anina Koekemoer April 25, 2025
Program vir die week (29 April - 05 Mei)
By Anina Koekemoer April 18, 2025
Program vir die week (21 - 28 April)
By Anina Koekemoer April 11, 2025
Program vir die week (14 - 20 April)
By Anina Koekemoer March 22, 2025
Program vir die week (24 - 30 Maart))
By Anina Koekemoer March 14, 2025
 Program vir die week (17 - 23 Maart)
By Anina Koekemoer March 7, 2025
Program vir die week (10 - 17 Maart)
By Anina Koekemoer February 27, 2025
Program vir die week (03 - 09 Maart)
By Anina Koekemoer February 20, 2025
Program vir die week (24 Februarie - 02 Maart)
By Anina Koekemoer February 14, 2025
Program vir die week (17 - 23 Februarie)
Show More