Matriekuitslae 2017 – Wollies se vreugdevure brand hoog!
- By M. Le Roux
- •
- 10 Jan, 2018
- •
Die klas van
2017 het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en stewig hande gevat met die
onderwysers om sodoende puik resultate op die tafel te plaas.
75 Kandidate van Wollies het die 2017 eindeksamen aangepak en ‘n 100% slaagsyfer verwerf. Van hierdie leerders het 62.67 % met universteitsvrystelling geslaag, 37,33 % met toelating tot ‘n diplomakursus en sleg 1 kandidaat kwalifiseer net vir ‘n hoër sertifikaat. Met inagneming van die diversiteit van ons leerders is dit ‘n puik prestasie. Diversiteit? Ja, 60% van ons skool se leerders het wel Afrikaans as huistaal, vir die ander 40% is Afrikaans ‘n tweede - en selfs ‘n derdetaal.
Wollies se toppresteerders:
Nameer Khan - 7 onderskeidings en 30 ste in Noordwes.
Melandi Snyman - 7 onderskeidings en 50 ste in Noordwes.
Michelle Winter – 6 onderskeidings en 52 ste in Noordwes.
Johan Rheerder en Neels van wyk behaal elkeen 5 onderskeidings.
Lara Jordaan en Muller Vermaak behaal 4 onderskeidings elk.
Janika Labuschagne, Heinrich Engelbrecht en Arno Gouws behaal almal 3 onderskeidings.
8 kandidate het elk 2 onderskeidings behaal en 23 enkel onderskeidings is verkry.
Met bogenoemde uitslae eindig Wollies 5 de in die Noordwes Provinsie na skole soos, Potchefstroom Gimnasium, Schoonspruit Hoërskool, Wesvalia en Ferdinand Postma.
Wollies kyk in dankbaarheid terug oor ‘n jaar van harde werk, deur beide leerders en onderwysers, maar ook ‘n jaar waarin die genade van ons Hemelse Vader ons gedra het.
Dankie aan elke leerder, onderwyser en ouer wat bydra tot ons skool se vooruitgang. Saam sal ons Wollies opbou tot die spogskool wat di teens was.


