Wolmaransstad Prysuitdeling 2018

Jean Booyse • November 5, 2018

Hoërskool Wolmaransstad het op 18 Oktober 2018 hulle prysuitdeling gehou om aan leerders erkenning te gee vir hulle prestasies vir 2018.

Tydens hierdie glansgeleentheid is Annami Marx aangewys as die Dux-leerling vir 2018. Sy het 'n gemiddeld van 87.6% gehandhaaf. Sy het die beste vakprestasies gehad in Afrikaans, Engels, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Wiskunde en Lewensoriëtering.

Tanya Whitehorn is aangewys as die mees veelsydigste sportleerder vir 2018. Sy het die toekenning ontvang vir haar besonderse prestasies in atletiek, hokkie, netbal en krieket. Sy is opgeneem in die Suid-Afrikaanse 0/19 B-krieketspan vir 2017/2018. Sy was kaptein van hierdie span.

Annami Marx het die Fanie van Zyl trofee ontvang vir die mees veelsydigste graad 12 leerder. Sy ontvang hierdie toekenning vir haar buitengewone bydrae op die sportveld, op kultuurgebied, akademie en vir haar besonderse leierskap wat sy ten toon gestel het.

Jan Blignaut was Hoërskool Wolmaransstad se sportman van die jaar 2018. Hy het besonderse prestasies getoon in luggeweerskiet en atletiek. Hy is in albei sportsoorte vir die Noordwesspan gekies, en het 1ste gekom in hoogspring op die Noordwes kampioenskappe. Hy het ook 'n 1ste plek behaal op die Suid-Afrikaanse Skietkampioenskappe in die 10m Olimpies.

Lize Blignaut was as sportvrou vir 2018 aangewys. Sy het besonderse prestasies behaal in atletiek en luggeweerskiet. In albei sportsoorte het sy Noordwes verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe. Sy was 1ste by die Noordwes kampioenskappe in diskus. Sy het 'n 3de plek behaal by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir die 0/20 10m Olimpies.

Aan elke leerling van Hoërskool Wolmaransstad wat hierdie jaar sy hart vir die skool gegee het, sê ons dankie. Baie geluk met elkeen se toekennings. Bly in 2019 die hartklop van die platteland.

By Anina Koekemoer • October 11, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - PRYSUITDELING 15 Oktober 18:00 vir 18:30 MATRIEKS | EINDEKSAMEN Begin 13 Oktober WILDEKLAWER ATLETIEK NWU TOP 30 15 - 17 Oktober SEUNSKRIEKET | FINAAL 17 Oktober VONKFEES 17 Oktober Hekke open 16:00 Kaartjies beskikbaar by Pick n Pay; HS Adminkantoor of by die hekke.
By Anina Koekemoer • October 6, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - REKORDEKSAMEN GR 12 Begin 25 Augustus SKOOL SLUIT 23 September WEG vs Impala MATRIEKAFSKEID 24 September
By Anina Koekemoer • September 21, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - REKORDEKSAMEN GR 12 Begin 25 Augustus DOGTERSKRIEKET | SEMIFINAAL 14 September WEG vs Impala SEUNSKRIEKET | LIGA 19 September vs SCHOONSPRUIT O/19 WEG O/15 TUIS VLR-KAMP 18 - 20 September Parys
By Anina Koekemoer • September 14, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - REKORDEKSAMEN GR 12 Begin 25 Augustus DOGTERSKRIEKET | SEMIFINAAL 14 September WEG vs Impala SEUNSKRIEKET | LIGA 19 September vs SCHOONSPRUIT O/19 WEG O/15 TUIS VLR-KAMP 18 - 20 September Parys
By Anina Koekemoer • September 7, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - REKORDEKSAMEN GR 12 Begin 25 Augustus DOGTERSKRIEKET 07 September WEG vs Dragons 08 September WEG vs Wesvalia HOKKIE | CURRO FESTIVAL 10 - 12 September WEG - Curro Klerksdorp
By Anina Koekemoer • August 23, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - DOGTERSKRIEKET 20 Augustus TUIS vs KHS KOSHUISAFSLUITING 20 Augustus VLR-KAMP 21 - 23 Augustus RUGBY | NOORDVAAL | FINAAL 22 Augustus TUIS O/15, O/16 & 1stes LANDLOOP | ACNW KAMPIOENSKAPPE 22 Augustus WEG
By Anina Koekemoer • August 17, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - DOGTERSKRIEKET 20 Augustus TUIS vs KHS KOSHUISAFSLUITING 20 Augustus VLR-KAMP 21 - 23 Augustus RUGBY | NOORDVAAL | FINAAL 22 Augustus TUIS O/15, O/16 & 1stes LANDLOOP | ACNW KAMPIOENSKAPPE 22 Augustus WEG
By Anina Koekemoer • August 2, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - OPEDAG 03 Augustus 14h00 RUGBY | NOORDVAAL KWARTFINAAL 08 Augustus TUIS O/15, O/16 & 1stes LANDLOOP | LIGA 08 Augustus WEG Bailie park DOGTERSKRIEKET | TOERNOOI 08 - 10 Augustus TUIS
By Anina Koekemoer • July 27, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - OUERAAND 27 Julie 17h00 - 19h00 GHOLF | LIGA 27 Julie WEG Potchefstroom REVUE 27 Julie 16h00 Kleedrepetisie REVUE 28 Julie 16h00 Ouetehuis, Laerskool, Daeraadskool REVUE 29 Julie 18h00 vir 18h30 Optrede REVUE 27 Julie 18h00 vir 18h30 Gala-aand RUGBY 01 Augustus TUIS Noordvaal uitspele O/14 - O/19 LANDLOOP | LIGA 01 Augustus Mei WEG Ottosdal HOKKIE | LAERSKOOL HOKKIEFEES 01 Augustus OPEDAG 03 Augustus
Show More