WOLLIE-LUIPERDS
- By Jean Booyse
- •
- 04 Jun, 2019
- •
Wolmaransstad spog met talle top spelers
Wollies se rugby groei jaar vir jaar en gaan net van krag tot krag. Behalwe vir die feit dat ons 0/14 en 0/15 spanne nog onoorwonne is in die liga, het hulle nog volle punte en bonuspunte vir elke wedstryd ontvang. Dit is sover 'n droomjaar vir ons juniorspanne. Die seniors vaar self nie sleg nie, met ons 0/16-span, 2despan en 1stespan wat nog net een wedstryd verloor het, en tweede op die punteleer eindig.
Ons sien nou uit na die semi-finale vir die Noordwes Liga wat 13 Julie plaasvind.
Behalwe vir ons puik prestasies binne spanverband het seuns individueel ook PUIK presteer.
Die volgende seuns is vir die 0/15 Platteland Streekspan gekies wat op 14 Junie aan 'n toernooi op ons eie veld gaan deelneem:
PJ Marx
Tersius Hoffman
AJ Holtzhauzen, en
Jan-Hendrik Barkhuizen
Op 0/16-vlak spog ons die jaar met 'n Luiperds A-span speler, wat gekies is vir die Grant-Khomo week op Rob-Fereira in Witrivier. J.P. Klue gaan ons skool en sy Unie daar verteenwoordig.
Rawlin Gildenhuys, Derik Gouws, Moeletsi Madito, Henko Niewenhuizen en Jacques Steenkamp is verkies tot die 0/16 Luiperds Plattelandspan wat ons 15 Junie ons skool en streek gaan verteenwoordig by die Frankfort VKB-week.
Op 0/19-vlak het ons ook 8 seuns in die Luiperds Plattelandspan wat op 21 Junie op Reitz gaan deelneem:
Franco Boshoff
Pieter Heymans
Henrico Reyneke
Herman Barkhuizen
Dehan van Zyl
Henru van Wyk
Malan Labuschagne, en
Wilco van Zyl
Dit is vir ons 'n absolute eer om te kan aankodig dat ons hierdie jaar 18 seuns in die onderskeie spanne het.
Baie geluk aan elke seun, afrigter en ouer vir ure se opofferings. Saam maak ons Wollies se rugby sterk!



