Omsendbrief - 16 Maart 2020

Anina Koekemoer • March 16, 2020


WOLLIES SE REAKSIE OP PRESIDENT RAMAPHOSA SE MAATREËLS


Akademie

In reaksie op die noodtoestand wat deur die president aangekondig is, sal die skool op Woensdag 18 Maart om 10:00 sluit en op 14 April heropen. Aangesien baie akademiese tyd verlore gaan, sal daar e-lesse gelaai word op die Whatsapp-groepe vanaf 30 Maart. Ons versoek ouers om leerders aan te moedig om die e-lesse deur te gaan en om die oefeninge wat gegee word, getrou te doen en na te sien wanneer hulle die memorandum ontvang. Daar sal ook ekstra klasse gegee word vanaf 1 April, soos deur vakonderwysers op die groepe gekommunikeer. Leerders wat dit kan bywoon, moet sover moontlik probeer om dit by te woon, alhoewel dit vrywillig is. Indien nodig, sal ons in die tweede kwartaal die skoolure verleng.


Buitemuurs

Alle sportoefeninge word vanaf vandag gestaak. Bussie-oor-die-berg sal vandag nog ry ter wille van die hulpklasse wat voortgaan. Geen toere, oefening of uitstappies gaan plaasvind tot 14 April nie. Die revue se oefenkamp verskuif van 27 Maart na 24 tot 27 April. Ouers en leerders moet reeds hiervan kennis neem en hul reëlings so tref.


Bewusmaking

Die skool het Dettol-seep in alle badkamers en leerders word aangemoedig om gereeld hande te was en om genoeg vloeistof in te neem. Ouers moet sover moontlik die leerders tuis hou en verhoed dat hulle besoek bring aan winkelsentrums en teaters. Die veiligheid van ons skoolgemeenskap is vir ons van die grootste belang.


WOLLIE-PRESTASIES

Ses van ons sportspanne het die besondere prestasie behaal om geen wedstryd te verloor met die PUK-reeks nie. Baie geluk aan die eerste netbal- en hokkiespanne, die tweede netbalspan, die 0/16-netbalspan en die 0/15 hokkie- en rugbyspanne. Drie atlete het gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel te neem. Baie geluk aan Sihle Mahlangu, Seegers du Plessis en Jan Blignaut.


WAARDEWEEK

Baie dankie aan elke ouer wat die skool ondersteun het tydens die waardeweek. Ons het ook groot waardering vir die geestelike leiers en kerke vir hul ondersteuning. Dankie ook aan mee Pienaar, Muller en Viviers vir hul leiding in die verband.


FINANSIES

Die verlengde vakansie plaas groot finansiële druk op die skool, aangesien die vermindering van getalle van die herfskamp en die semi-finaal van die PUK-reeks ‘n groot verlies aan inkomste vir die skool beteken. Ons doen dus ‘n beroep om ALLE ouers om hul skoolgeld stiptelik te betaal. Indien daar dokumentasie ontbreek by ‘n subsidie-aansoek, kan dit nie afgehandel word nie. Dis die ouer se verantwoordelikheid om seker te maak alle verlangde is aangeheg.


Aangeheg aan die omsendskrywe is ‘n debietordervorm. U kan dit vir u gerief voltooi en by me Badenhorst gaan ingee, sodat die betaling van skoolgeld nie vir u ‘n las is nie.


Te midde van ‘n moeilike globale tyd bely ons dat ons in die Hand van die Here is en gaan ons daarom die onseker toekoms met groot vertroue tegemoet .


Wollie-groete

C Wassermann

Hoof

By Anina Koekemoer November 2, 2025
“Education breeds confidence. Confidence breeds hope. Hope breeds peace.“ - Confucius-2 MATRIEKS | EINDEKSAMEN Begin 21 Oktober GR 10 & 11 | EKSAMEN Begin 29 Oktober GR 8 & 9 | INTERVENSIE 31 Oktober - 05 November GR 8 & 9 | EKSMAMEN Begin 06 November BESIGTIGING VAN BEGROTING 27 Okt - 10 Nov Daagliks vanaf 07:30 - 14:00 Skoolbegroting & Koshuisbegroting ALGEMENE JAARVERGADERING 10 November 17h30 vir 18h00 PRETDAG 22 November Dit sluit in: Ma-dogter tennis Pa-seun gholf Familie Volleyball 'Big Screen TV" rugby
By Anina Koekemoer October 27, 2025
“Education breeds confidence. Confidence breeds hope. Hope breeds peace.“ - Confucius-2 KRIEKET 25 Oktober 1ste span vs HS Centurion WEG MATRIEKS | EINDEKSAMEN Begin 21 Oktober GR 10 & 11 | EKSAMEN Begin 29 Oktober GR 8 & 9 | STELWERKEKSAMEN 29 & 30 Oktober GR 8 & 9 | INTERVENSIE 31 Oktober - 05 November GR 8 & 9 | EKSMAMEN Begin 06 November ALGEMENE JAARVERGADERING 10 November 17h30 vir 18h00
By Anina Koekemoer October 19, 2025
“Education breeds confidence. Confidence breeds hope. Hope breeds peace.“ - Confucius-2 VONKFEES 18 Oktober KRIEKET | FINAAL 18 Oktober 1ste span vs HS Brits TUIS O/15 span vs Fields College WEG OUERAAND 21 Oktober 17:00 -19:00 Slegs per afspraak. MATRIEKS | EINDEKSAMEN Begin 21 Oktober WOLLIES OSCARS 23 Oktober 17:30 vir 18:00
By Anina Koekemoer October 3, 2025
“Education breeds confidence. Confidence breeds hope. Hope breeds peace.“ - Confucius-2 O/19 KRIEKET SEMIFINAAL 27 September TUIS vs Impala Hub HOKKIE | PROEWE 28 September MATRIEKAFSKEID 01 Oktober LOOPBAANUITSTALLING | GR 9 & GR 11 02 Oktober 08h00 - 09h00 RAPPORTE Leerders ontvang rapporte - 02 Oktober KWARTAAL 4 Die skool open 13 Oktober MNR & MEJ WOLLIES 15 Oktober PRYSUITDELING 16 Oktober MATRIEK UITSTAPDAG 17 Oktober VONKFEES 18 Oktober
By Anina Koekemoer September 26, 2025
“Education breeds confidence. Confidence breeds hope. Hope breeds peace.“ - Confucius-2 O/19 KRIEKET SEMIFINAAL 27 September TUIS vs Impala Hub HOKKIE | PROEWE 28 September MATRIEKAFSKEID 01 Oktober LOOPBAANUITSTALLING | GR 9 & GR 11 02 Oktober 08h00 - 09h00 RAPPORTE Leerders ontvang rapporte - 02 Oktober KWARTAAL 4 Die skool open 13 Oktober MNR & MEJ WOLLIES 15 Oktober PRYSUITDELING 16 Oktober MATRIEK UITSTAPDAG 17 Oktober VONKFEES 18 Oktober
By Anina Koekemoer September 19, 2025
“Education breeds confidence. Confidence breeds hope. Hope breeds peace.“ - Confucius-2 O/19 KRIEKET 20 September TUIS vs Schoonspruit O/15 KRIEKET 20 September TUIS vs Ferdies (Speel by Laerskool) HOKKIE | PROEWE 21 & 28 September ATLETIEK | NWU TOP 30 23 & 24 September VLR-KAMP 19 & 20 September
By Anina Koekemoer September 12, 2025
“Education breeds confidence. Confidence breeds hope. Hope breeds peace.“ - Confucius-2 O/19 KRIEKET 13 September TUIS vs Ferdies 20 September TUIS vs Schoonspruit O/15 KRIEKET 13 September TUIS vs Harties (Speel by Laerskool) 20 September WOLLIES vs Ferdies DOGTERSKRIEKET Finaal HOKKIE 12 & 13 September Seuns en dogters WEG Curro HOKKIE | PROEWE 21 & 28 September ATLETIEK LAERSKOLEBYEENKOMS 12 September CONSPIRITO DEBAT | SEMIFINAAL 12 & 13 September Garsfontein VLR-KAMP 19 & 20 September
By Anina Koekemoer September 5, 2025
“Education breeds confidence. Confidence breeds hope. Hope breeds peace.“ - Confucius-2 SA LANDLOOP 06 September WEG Middelburg O/19 KRIEKET 06 September WEG vs Vryburg 13 September TUIS vs Ferdies O/15 KRIEKET 06 September TUIS vs Ltx Hub 13 September TUIS vs Harties (Speel by Laerskool) KRIEKET | PROEWE 10 September 14h00 O/19 Seuns en Dogters DOGTERSKRIEKET Semifinaal NETBALKAMP 5 & 6 September HOKKIE 10 September Laerskole Minihokkie Fondsinsameling 12 & 13 September Seuns en dogters WEG Curro HOKKIE | PROEWE 21 & 28 September ATLETIEK LAERSKOLEBYEENKOMS 12 September CONSPIRITO DEBAT | SEMIFINAAL 12 & 13 September Garsfontein VLR-KAMP 19 & 20 September
By Anina Koekemoer September 1, 2025
“Education breeds confidence. Confidence breeds hope. Hope breeds peace.“ - Confucius-2 LANDLOOP 30 Augustus WEG Rustenburg SA LANDLOOP 06 September WEG Middelburg O/19 KRIEKET 30 Augustus TUIS vs Ltx Hub 06 September WEG vs Vryburg O/15 KRIEKET 30 Augustus WEG vs Boys High 06 September TUIS vs Ltx Hub DOGTERSKRIEKET 02 September TUIS vs Volkies 04 September WEG vs Vryburg REVUE | KLANKPOPNAMES 03 - 04 September NETBAL | Fast 5 30 Augustus WEG Welkom RUGBY | Sewes 30 Augustus TUIS NETBALKAMP 5 & 6 September
Show More