Omsendbrief - 16 Maart 2020

Anina Koekemoer • March 16, 2020


WOLLIES SE REAKSIE OP PRESIDENT RAMAPHOSA SE MAATREËLS


Akademie

In reaksie op die noodtoestand wat deur die president aangekondig is, sal die skool op Woensdag 18 Maart om 10:00 sluit en op 14 April heropen. Aangesien baie akademiese tyd verlore gaan, sal daar e-lesse gelaai word op die Whatsapp-groepe vanaf 30 Maart. Ons versoek ouers om leerders aan te moedig om die e-lesse deur te gaan en om die oefeninge wat gegee word, getrou te doen en na te sien wanneer hulle die memorandum ontvang. Daar sal ook ekstra klasse gegee word vanaf 1 April, soos deur vakonderwysers op die groepe gekommunikeer. Leerders wat dit kan bywoon, moet sover moontlik probeer om dit by te woon, alhoewel dit vrywillig is. Indien nodig, sal ons in die tweede kwartaal die skoolure verleng.


Buitemuurs

Alle sportoefeninge word vanaf vandag gestaak. Bussie-oor-die-berg sal vandag nog ry ter wille van die hulpklasse wat voortgaan. Geen toere, oefening of uitstappies gaan plaasvind tot 14 April nie. Die revue se oefenkamp verskuif van 27 Maart na 24 tot 27 April. Ouers en leerders moet reeds hiervan kennis neem en hul reëlings so tref.


Bewusmaking

Die skool het Dettol-seep in alle badkamers en leerders word aangemoedig om gereeld hande te was en om genoeg vloeistof in te neem. Ouers moet sover moontlik die leerders tuis hou en verhoed dat hulle besoek bring aan winkelsentrums en teaters. Die veiligheid van ons skoolgemeenskap is vir ons van die grootste belang.


WOLLIE-PRESTASIES

Ses van ons sportspanne het die besondere prestasie behaal om geen wedstryd te verloor met die PUK-reeks nie. Baie geluk aan die eerste netbal- en hokkiespanne, die tweede netbalspan, die 0/16-netbalspan en die 0/15 hokkie- en rugbyspanne. Drie atlete het gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel te neem. Baie geluk aan Sihle Mahlangu, Seegers du Plessis en Jan Blignaut.


WAARDEWEEK

Baie dankie aan elke ouer wat die skool ondersteun het tydens die waardeweek. Ons het ook groot waardering vir die geestelike leiers en kerke vir hul ondersteuning. Dankie ook aan mee Pienaar, Muller en Viviers vir hul leiding in die verband.


FINANSIES

Die verlengde vakansie plaas groot finansiële druk op die skool, aangesien die vermindering van getalle van die herfskamp en die semi-finaal van die PUK-reeks ‘n groot verlies aan inkomste vir die skool beteken. Ons doen dus ‘n beroep om ALLE ouers om hul skoolgeld stiptelik te betaal. Indien daar dokumentasie ontbreek by ‘n subsidie-aansoek, kan dit nie afgehandel word nie. Dis die ouer se verantwoordelikheid om seker te maak alle verlangde is aangeheg.


Aangeheg aan die omsendskrywe is ‘n debietordervorm. U kan dit vir u gerief voltooi en by me Badenhorst gaan ingee, sodat die betaling van skoolgeld nie vir u ‘n las is nie.


Te midde van ‘n moeilike globale tyd bely ons dat ons in die Hand van die Here is en gaan ons daarom die onseker toekoms met groot vertroue tegemoet .


Wollie-groete

C Wassermann

Hoof

By Anina Koekemoer • October 11, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - PRYSUITDELING 15 Oktober 18:00 vir 18:30 MATRIEKS | EINDEKSAMEN Begin 13 Oktober WILDEKLAWER ATLETIEK NWU TOP 30 15 - 17 Oktober SEUNSKRIEKET | FINAAL 17 Oktober VONKFEES 17 Oktober Hekke open 16:00 Kaartjies beskikbaar by Pick n Pay; HS Adminkantoor of by die hekke.
By Anina Koekemoer • October 6, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - REKORDEKSAMEN GR 12 Begin 25 Augustus SKOOL SLUIT 23 September WEG vs Impala MATRIEKAFSKEID 24 September
By Anina Koekemoer • September 21, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - REKORDEKSAMEN GR 12 Begin 25 Augustus DOGTERSKRIEKET | SEMIFINAAL 14 September WEG vs Impala SEUNSKRIEKET | LIGA 19 September vs SCHOONSPRUIT O/19 WEG O/15 TUIS VLR-KAMP 18 - 20 September Parys
By Anina Koekemoer • September 14, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - REKORDEKSAMEN GR 12 Begin 25 Augustus DOGTERSKRIEKET | SEMIFINAAL 14 September WEG vs Impala SEUNSKRIEKET | LIGA 19 September vs SCHOONSPRUIT O/19 WEG O/15 TUIS VLR-KAMP 18 - 20 September Parys
By Anina Koekemoer • September 7, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - REKORDEKSAMEN GR 12 Begin 25 Augustus DOGTERSKRIEKET 07 September WEG vs Dragons 08 September WEG vs Wesvalia HOKKIE | CURRO FESTIVAL 10 - 12 September WEG - Curro Klerksdorp
By Anina Koekemoer • August 23, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - DOGTERSKRIEKET 20 Augustus TUIS vs KHS KOSHUISAFSLUITING 20 Augustus VLR-KAMP 21 - 23 Augustus RUGBY | NOORDVAAL | FINAAL 22 Augustus TUIS O/15, O/16 & 1stes LANDLOOP | ACNW KAMPIOENSKAPPE 22 Augustus WEG
By Anina Koekemoer • August 17, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - DOGTERSKRIEKET 20 Augustus TUIS vs KHS KOSHUISAFSLUITING 20 Augustus VLR-KAMP 21 - 23 Augustus RUGBY | NOORDVAAL | FINAAL 22 Augustus TUIS O/15, O/16 & 1stes LANDLOOP | ACNW KAMPIOENSKAPPE 22 Augustus WEG
By Anina Koekemoer • August 2, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - OPEDAG 03 Augustus 14h00 RUGBY | NOORDVAAL KWARTFINAAL 08 Augustus TUIS O/15, O/16 & 1stes LANDLOOP | LIGA 08 Augustus WEG Bailie park DOGTERSKRIEKET | TOERNOOI 08 - 10 Augustus TUIS
By Anina Koekemoer • July 27, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - OUERAAND 27 Julie 17h00 - 19h00 GHOLF | LIGA 27 Julie WEG Potchefstroom REVUE 27 Julie 16h00 Kleedrepetisie REVUE 28 Julie 16h00 Ouetehuis, Laerskool, Daeraadskool REVUE 29 Julie 18h00 vir 18h30 Optrede REVUE 27 Julie 18h00 vir 18h30 Gala-aand RUGBY 01 Augustus TUIS Noordvaal uitspele O/14 - O/19 LANDLOOP | LIGA 01 Augustus Mei WEG Ottosdal HOKKIE | LAERSKOOL HOKKIEFEES 01 Augustus OPEDAG 03 Augustus
Show More