Omsendbrief - 16 Maart 2020

  • By Anina Koekemoer
  • 16 Mar, 2020

WOLLIES SE REAKSIE OP PRESIDENT RAMAPHOSA SE MAATREËLS


 Akademie

In reaksie op die noodtoestand wat deur die president aangekondig is, sal die skool op Woensdag 18 Maart om 10:00 sluit en op 14 April heropen.  Aangesien baie akademiese tyd verlore gaan, sal daar e-lesse gelaai word op die Whatsapp-groepe vanaf 30 Maart. Ons versoek ouers om leerders   aan te moedig om die e-lesse deur te gaan en om die oefeninge wat gegee word, getrou te doen en na te sien wanneer hulle die memorandum ontvang. Daar sal ook ekstra klasse gegee word vanaf 1 April, soos deur  vakonderwysers op die groepe gekommunikeer. Leerders wat dit kan       bywoon, moet sover moontlik probeer om dit by te woon, alhoewel dit vrywillig is. Indien nodig, sal ons in die tweede kwartaal die skoolure verleng.

 

Buitemuurs

Alle sportoefeninge word vanaf vandag gestaak. Bussie-oor-die-berg sal vandag nog ry ter wille van die hulpklasse wat voortgaan. Geen toere, oefening of uitstappies gaan plaasvind tot 14 April nie. Die revue se oefenkamp verskuif van 27 Maart na 24 tot 27 April. Ouers en leerders moet reeds hiervan kennis neem en hul reëlings so tref.

 

Bewusmaking

Die skool het Dettol-seep in alle badkamers en leerders word aangemoedig om gereeld hande te was en om genoeg vloeistof in te neem. Ouers moet sover moontlik die leerders tuis hou en verhoed dat hulle besoek bring aan winkelsentrums en teaters. Die veiligheid van ons skoolgemeenskap is vir ons van die grootste belang.

 

WOLLIE-PRESTASIES

Ses van ons sportspanne het die besondere prestasie behaal om geen wedstryd te verloor met die PUK-reeks nie.  Baie geluk aan die eerste netbal- en hokkiespanne, die tweede netbalspan, die 0/16-netbalspan en die 0/15 hokkie- en rugbyspanne. Drie atlete het gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel te neem. Baie geluk aan Sihle Mahlangu, Seegers du Plessis en Jan Blignaut.

 

WAARDEWEEK

Baie dankie aan elke ouer wat die skool ondersteun het tydens die waardeweek. Ons het ook groot waardering vir die geestelike leiers en kerke vir hul ondersteuning.  Dankie ook aan mee Pienaar, Muller en Viviers vir hul leiding in die verband.

 

FINANSIES

Die verlengde vakansie plaas groot finansiële druk op die skool, aangesien die vermindering van getalle van die herfskamp en die semi-finaal van die PUK-reeks ‘n groot verlies aan inkomste vir die skool beteken. Ons doen dus ‘n beroep om ALLE ouers om hul skoolgeld stiptelik te betaal. Indien daar dokumentasie ontbreek by ‘n subsidie-aansoek, kan dit nie afgehandel word nie. Dis die ouer se verantwoordelikheid om seker te maak alle verlangde is aangeheg.

 

Aangeheg aan die omsendskrywe is ‘n debietordervorm. U kan dit vir u gerief voltooi en by me Badenhorst gaan ingee, sodat die betaling van skoolgeld nie vir u ‘n las is nie.

 

Te midde van ‘n moeilike globale tyd bely ons dat ons in die Hand van die Here is en gaan ons daarom die onseker toekoms met groot vertroue tegemoet.

 

Wollie-groete

C Wassermann

Hoof

By Anina Koekemoer April 25, 2025
Program vir die week (29 April - 05 Mei)
By Anina Koekemoer April 18, 2025
Program vir die week (21 - 28 April)
By Anina Koekemoer April 11, 2025
Program vir die week (14 - 20 April)
By Anina Koekemoer March 22, 2025
Program vir die week (24 - 30 Maart))
By Anina Koekemoer March 14, 2025
 Program vir die week (17 - 23 Maart)
By Anina Koekemoer March 7, 2025
Program vir die week (10 - 17 Maart)
By Anina Koekemoer February 27, 2025
Program vir die week (03 - 09 Maart)
By Anina Koekemoer February 20, 2025
Program vir die week (24 Februarie - 02 Maart)
By Anina Koekemoer February 14, 2025
Program vir die week (17 - 23 Februarie)
Show More