Hoofseun 2018 se toespraak

Jean Booyse • October 18, 2018

Malan van Zyl se vaarwel boodskap

Goeie naand mev. Wasserman, beheerliggaam, Mnr Taunyane, ouers en leerders.

As Hoofseun van Hoërskool Wolmaransstad is dit vir my ń besonderse groot voorreg om vannaand vir ń laaste keer voor julle te kan staan. Om die beste moontlike opvoeding by Hoërskool Wolmaransstad te kan ontvang benodig ń leerder sekere toerusting, maar hierdie toerusting beteken meer as wat ons soms dink.

Ons begin met ń klein rooi dagboekie. — soortgelyk aan die hoof. Daarin is die reëls opgeskryf wat verseker dat die skool die regte strukture besit. Wat ń leerder help en altyd daar is om twyfel uit die weg te ruim en kinders te herinner wat werklik belangrik en noodsaaklik is. Baie dankie mev. Wasserman vir die voorbeeld wat mev. vir my gestel het en vir die manier waarop mev. die skool vooruit laat groei.

Volgende is ń tas vol handboeke soos die skool vol onderwysers, vol kennis en insig. Dankie dat julle elke sekonde van die dag bereid was om te luister en te help al was dit soms nie oor skool nie maar oor ń gebroke hart. Soos ouers by die skool vol geduld en liefde het julle ons gevorm tot wie ons vandag is. Ek glo dat ons eendag sal kan terugkyk met ewige dankbaarheid in ons harte.

ń Blou pen. ń Basiese voorwerp wat elke dag gebruik word. ’n Noodsaaklikheid om sukses te bereik. Dankie aan my ouers en al die ander ouers, voogde en grootouers wat vir ons van kleins af die basiese dinge geleer het waarsonder ons nie sou kan lewe nie. Soms raak die ink op en dan dryf ons weg van ons ouers en wat hulle vir ons geleer het, maar ons sal altyd terug kom en herinner word aan die belangrike hoofstuk van ons lewe wat ons geskryf het onder julle leiding.

Kleurpenne is noodsaaklik om jou werk interessant te maak. Dankie aan my mede leerders wie saam met my die pad gestap het. Dankie vir die herinneringe wat ek vir ewig sal koester. Die saam huil en lag. Die laat wees vir klas en die laat aande van saam leer. Sonder julle sou Hoërskool Wolmaransstad maar baie vaal gewees het. Sterkte vir elke Matrikulant met die laaste baie belangrike deel van ons pad saam. Mag julle groei tot mense wat ń verskil in ander se lewens maak.

ń Liniaal wat almal op die regte pad hou. Dankie mede VLR-lede van 2018 vir die manier waarop julle met harde werk en gewilligheid elke dag aangepak het. ń Spesiale dankie aan Annami, na wie ek kon kyk as ek twyfel en wie my altyd bygestaan het: Saam met jou sal ek weer forty days herleef. Sterkte aan die nuwe vlr en hoofleiers van 2019 dis ń groot werk en voorreg. Moet nooit bang wees om jou opinie te lig nie en wees bereid om alleen te staan vir dit wat reg is.

Laastens kort mens ń sterk tas wat alles bymekaar hou as dit voel asof jou lewe uitmekaar val. ń Geloof sterk met God is noodsaaklik om te kan oorleef. Dankie vir die voorreg dat U my in hierdie posisie geplaas het en dankie dat U elkeen van ons elke dag seën en beskerm.

Ek sluit af met ń vers wat vir my baie beteken Johannes 3 vers 16: ‘God het die wêreld so lief gehad dat hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.’ Mag God Hoërskool Wolmaransstad se toekoms seën en elke leerder help om te leef en groei tot die beste van sy vermoeë.

By Anina Koekemoer November 2, 2025
“Education breeds confidence. Confidence breeds hope. Hope breeds peace.“ - Confucius-2 MATRIEKS | EINDEKSAMEN Begin 21 Oktober GR 10 & 11 | EKSAMEN Begin 29 Oktober GR 8 & 9 | INTERVENSIE 31 Oktober - 05 November GR 8 & 9 | EKSMAMEN Begin 06 November BESIGTIGING VAN BEGROTING 27 Okt - 10 Nov Daagliks vanaf 07:30 - 14:00 Skoolbegroting & Koshuisbegroting ALGEMENE JAARVERGADERING 10 November 17h30 vir 18h00 PRETDAG 22 November Dit sluit in: Ma-dogter tennis Pa-seun gholf Familie Volleyball 'Big Screen TV" rugby
By Anina Koekemoer October 27, 2025
“Education breeds confidence. Confidence breeds hope. Hope breeds peace.“ - Confucius-2 KRIEKET 25 Oktober 1ste span vs HS Centurion WEG MATRIEKS | EINDEKSAMEN Begin 21 Oktober GR 10 & 11 | EKSAMEN Begin 29 Oktober GR 8 & 9 | STELWERKEKSAMEN 29 & 30 Oktober GR 8 & 9 | INTERVENSIE 31 Oktober - 05 November GR 8 & 9 | EKSMAMEN Begin 06 November ALGEMENE JAARVERGADERING 10 November 17h30 vir 18h00
By Anina Koekemoer October 19, 2025
“Education breeds confidence. Confidence breeds hope. Hope breeds peace.“ - Confucius-2 VONKFEES 18 Oktober KRIEKET | FINAAL 18 Oktober 1ste span vs HS Brits TUIS O/15 span vs Fields College WEG OUERAAND 21 Oktober 17:00 -19:00 Slegs per afspraak. MATRIEKS | EINDEKSAMEN Begin 21 Oktober WOLLIES OSCARS 23 Oktober 17:30 vir 18:00
By Anina Koekemoer October 3, 2025
“Education breeds confidence. Confidence breeds hope. Hope breeds peace.“ - Confucius-2 O/19 KRIEKET SEMIFINAAL 27 September TUIS vs Impala Hub HOKKIE | PROEWE 28 September MATRIEKAFSKEID 01 Oktober LOOPBAANUITSTALLING | GR 9 & GR 11 02 Oktober 08h00 - 09h00 RAPPORTE Leerders ontvang rapporte - 02 Oktober KWARTAAL 4 Die skool open 13 Oktober MNR & MEJ WOLLIES 15 Oktober PRYSUITDELING 16 Oktober MATRIEK UITSTAPDAG 17 Oktober VONKFEES 18 Oktober
By Anina Koekemoer September 26, 2025
“Education breeds confidence. Confidence breeds hope. Hope breeds peace.“ - Confucius-2 O/19 KRIEKET SEMIFINAAL 27 September TUIS vs Impala Hub HOKKIE | PROEWE 28 September MATRIEKAFSKEID 01 Oktober LOOPBAANUITSTALLING | GR 9 & GR 11 02 Oktober 08h00 - 09h00 RAPPORTE Leerders ontvang rapporte - 02 Oktober KWARTAAL 4 Die skool open 13 Oktober MNR & MEJ WOLLIES 15 Oktober PRYSUITDELING 16 Oktober MATRIEK UITSTAPDAG 17 Oktober VONKFEES 18 Oktober
By Anina Koekemoer September 19, 2025
“Education breeds confidence. Confidence breeds hope. Hope breeds peace.“ - Confucius-2 O/19 KRIEKET 20 September TUIS vs Schoonspruit O/15 KRIEKET 20 September TUIS vs Ferdies (Speel by Laerskool) HOKKIE | PROEWE 21 & 28 September ATLETIEK | NWU TOP 30 23 & 24 September VLR-KAMP 19 & 20 September
By Anina Koekemoer September 12, 2025
“Education breeds confidence. Confidence breeds hope. Hope breeds peace.“ - Confucius-2 O/19 KRIEKET 13 September TUIS vs Ferdies 20 September TUIS vs Schoonspruit O/15 KRIEKET 13 September TUIS vs Harties (Speel by Laerskool) 20 September WOLLIES vs Ferdies DOGTERSKRIEKET Finaal HOKKIE 12 & 13 September Seuns en dogters WEG Curro HOKKIE | PROEWE 21 & 28 September ATLETIEK LAERSKOLEBYEENKOMS 12 September CONSPIRITO DEBAT | SEMIFINAAL 12 & 13 September Garsfontein VLR-KAMP 19 & 20 September
By Anina Koekemoer September 5, 2025
“Education breeds confidence. Confidence breeds hope. Hope breeds peace.“ - Confucius-2 SA LANDLOOP 06 September WEG Middelburg O/19 KRIEKET 06 September WEG vs Vryburg 13 September TUIS vs Ferdies O/15 KRIEKET 06 September TUIS vs Ltx Hub 13 September TUIS vs Harties (Speel by Laerskool) KRIEKET | PROEWE 10 September 14h00 O/19 Seuns en Dogters DOGTERSKRIEKET Semifinaal NETBALKAMP 5 & 6 September HOKKIE 10 September Laerskole Minihokkie Fondsinsameling 12 & 13 September Seuns en dogters WEG Curro HOKKIE | PROEWE 21 & 28 September ATLETIEK LAERSKOLEBYEENKOMS 12 September CONSPIRITO DEBAT | SEMIFINAAL 12 & 13 September Garsfontein VLR-KAMP 19 & 20 September
By Anina Koekemoer September 1, 2025
“Education breeds confidence. Confidence breeds hope. Hope breeds peace.“ - Confucius-2 LANDLOOP 30 Augustus WEG Rustenburg SA LANDLOOP 06 September WEG Middelburg O/19 KRIEKET 30 Augustus TUIS vs Ltx Hub 06 September WEG vs Vryburg O/15 KRIEKET 30 Augustus WEG vs Boys High 06 September TUIS vs Ltx Hub DOGTERSKRIEKET 02 September TUIS vs Volkies 04 September WEG vs Vryburg REVUE | KLANKPOPNAMES 03 - 04 September NETBAL | Fast 5 30 Augustus WEG Welkom RUGBY | Sewes 30 Augustus TUIS NETBALKAMP 5 & 6 September
Show More