Hoofseun 2018 se toespraak

Jean Booyse • October 18, 2018

Malan van Zyl se vaarwel boodskap

Goeie naand mev. Wasserman, beheerliggaam, Mnr Taunyane, ouers en leerders.

As Hoofseun van Hoërskool Wolmaransstad is dit vir my ń besonderse groot voorreg om vannaand vir ń laaste keer voor julle te kan staan. Om die beste moontlike opvoeding by Hoërskool Wolmaransstad te kan ontvang benodig ń leerder sekere toerusting, maar hierdie toerusting beteken meer as wat ons soms dink.

Ons begin met ń klein rooi dagboekie. — soortgelyk aan die hoof. Daarin is die reëls opgeskryf wat verseker dat die skool die regte strukture besit. Wat ń leerder help en altyd daar is om twyfel uit die weg te ruim en kinders te herinner wat werklik belangrik en noodsaaklik is. Baie dankie mev. Wasserman vir die voorbeeld wat mev. vir my gestel het en vir die manier waarop mev. die skool vooruit laat groei.

Volgende is ń tas vol handboeke soos die skool vol onderwysers, vol kennis en insig. Dankie dat julle elke sekonde van die dag bereid was om te luister en te help al was dit soms nie oor skool nie maar oor ń gebroke hart. Soos ouers by die skool vol geduld en liefde het julle ons gevorm tot wie ons vandag is. Ek glo dat ons eendag sal kan terugkyk met ewige dankbaarheid in ons harte.

ń Blou pen. ń Basiese voorwerp wat elke dag gebruik word. ’n Noodsaaklikheid om sukses te bereik. Dankie aan my ouers en al die ander ouers, voogde en grootouers wat vir ons van kleins af die basiese dinge geleer het waarsonder ons nie sou kan lewe nie. Soms raak die ink op en dan dryf ons weg van ons ouers en wat hulle vir ons geleer het, maar ons sal altyd terug kom en herinner word aan die belangrike hoofstuk van ons lewe wat ons geskryf het onder julle leiding.

Kleurpenne is noodsaaklik om jou werk interessant te maak. Dankie aan my mede leerders wie saam met my die pad gestap het. Dankie vir die herinneringe wat ek vir ewig sal koester. Die saam huil en lag. Die laat wees vir klas en die laat aande van saam leer. Sonder julle sou Hoërskool Wolmaransstad maar baie vaal gewees het. Sterkte vir elke Matrikulant met die laaste baie belangrike deel van ons pad saam. Mag julle groei tot mense wat ń verskil in ander se lewens maak.

ń Liniaal wat almal op die regte pad hou. Dankie mede VLR-lede van 2018 vir die manier waarop julle met harde werk en gewilligheid elke dag aangepak het. ń Spesiale dankie aan Annami, na wie ek kon kyk as ek twyfel en wie my altyd bygestaan het: Saam met jou sal ek weer forty days herleef. Sterkte aan die nuwe vlr en hoofleiers van 2019 dis ń groot werk en voorreg. Moet nooit bang wees om jou opinie te lig nie en wees bereid om alleen te staan vir dit wat reg is.

Laastens kort mens ń sterk tas wat alles bymekaar hou as dit voel asof jou lewe uitmekaar val. ń Geloof sterk met God is noodsaaklik om te kan oorleef. Dankie vir die voorreg dat U my in hierdie posisie geplaas het en dankie dat U elkeen van ons elke dag seën en beskerm.

Ek sluit af met ń vers wat vir my baie beteken Johannes 3 vers 16: ‘God het die wêreld so lief gehad dat hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.’ Mag God Hoërskool Wolmaransstad se toekoms seën en elke leerder help om te leef en groei tot die beste van sy vermoeë.

By Anina Koekemoer • October 11, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - PRYSUITDELING 15 Oktober 18:00 vir 18:30 MATRIEKS | EINDEKSAMEN Begin 13 Oktober WILDEKLAWER ATLETIEK NWU TOP 30 15 - 17 Oktober SEUNSKRIEKET | FINAAL 17 Oktober VONKFEES 17 Oktober Hekke open 16:00 Kaartjies beskikbaar by Pick n Pay; HS Adminkantoor of by die hekke.
By Anina Koekemoer • October 6, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - REKORDEKSAMEN GR 12 Begin 25 Augustus SKOOL SLUIT 23 September WEG vs Impala MATRIEKAFSKEID 24 September
By Anina Koekemoer • September 21, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - REKORDEKSAMEN GR 12 Begin 25 Augustus DOGTERSKRIEKET | SEMIFINAAL 14 September WEG vs Impala SEUNSKRIEKET | LIGA 19 September vs SCHOONSPRUIT O/19 WEG O/15 TUIS VLR-KAMP 18 - 20 September Parys
By Anina Koekemoer • September 14, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - REKORDEKSAMEN GR 12 Begin 25 Augustus DOGTERSKRIEKET | SEMIFINAAL 14 September WEG vs Impala SEUNSKRIEKET | LIGA 19 September vs SCHOONSPRUIT O/19 WEG O/15 TUIS VLR-KAMP 18 - 20 September Parys
By Anina Koekemoer • September 7, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - REKORDEKSAMEN GR 12 Begin 25 Augustus DOGTERSKRIEKET 07 September WEG vs Dragons 08 September WEG vs Wesvalia HOKKIE | CURRO FESTIVAL 10 - 12 September WEG - Curro Klerksdorp
By Anina Koekemoer • August 23, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - DOGTERSKRIEKET 20 Augustus TUIS vs KHS KOSHUISAFSLUITING 20 Augustus VLR-KAMP 21 - 23 Augustus RUGBY | NOORDVAAL | FINAAL 22 Augustus TUIS O/15, O/16 & 1stes LANDLOOP | ACNW KAMPIOENSKAPPE 22 Augustus WEG
By Anina Koekemoer • August 17, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - DOGTERSKRIEKET 20 Augustus TUIS vs KHS KOSHUISAFSLUITING 20 Augustus VLR-KAMP 21 - 23 Augustus RUGBY | NOORDVAAL | FINAAL 22 Augustus TUIS O/15, O/16 & 1stes LANDLOOP | ACNW KAMPIOENSKAPPE 22 Augustus WEG
By Anina Koekemoer • August 2, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - OPEDAG 03 Augustus 14h00 RUGBY | NOORDVAAL KWARTFINAAL 08 Augustus TUIS O/15, O/16 & 1stes LANDLOOP | LIGA 08 Augustus WEG Bailie park DOGTERSKRIEKET | TOERNOOI 08 - 10 Augustus TUIS
By Anina Koekemoer • July 27, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - OUERAAND 27 Julie 17h00 - 19h00 GHOLF | LIGA 27 Julie WEG Potchefstroom REVUE 27 Julie 16h00 Kleedrepetisie REVUE 28 Julie 16h00 Ouetehuis, Laerskool, Daeraadskool REVUE 29 Julie 18h00 vir 18h30 Optrede REVUE 27 Julie 18h00 vir 18h30 Gala-aand RUGBY 01 Augustus TUIS Noordvaal uitspele O/14 - O/19 LANDLOOP | LIGA 01 Augustus Mei WEG Ottosdal HOKKIE | LAERSKOOL HOKKIEFEES 01 Augustus OPEDAG 03 Augustus
Show More