Hoërskool Wolmaransstad Omsendbrief001

Hoërskool Wolmaransstad • January 25, 2018

Beste ouers

Hoërskool Wolmaransstad groet u met sy 500 leerders en 26 onderwysers. Ons is opgewonde oor ‘n nuwe jaar met nuwe geleenthede.

Belangrike datums

Aangeheg aan hierdie brief vind u die kwartaalprogram vir die eerste kwartaal. Daar sal geen formele assesseringsweek wees hierdie kwartaal nie. Assesserings word deurlopend gedoen. Maak dus seker dat u kind gereeld by die skool is sodat hy/sy nie assesserings misloop nie. Indien leerders ‘n assessering misloop, moet ‘n mediese sertifikaat ingehandig word, anders sal die leerder ‘n 0 kry vir die assessering. Sien ook toe dat u kind gereeld huiswerk doen en leer vir die assesserings. U sal binnekort die kwartaallikse assesseringsprogram ontvang.

Daar word hierdie kwartaal nuwe ouerlede vir die Beheerliggaam verkies. Die datum vir die verkiesing is 8 Maart. Verdere inligting sal aan u deurgegee word.

Oueraande

Graad 12-oueraand het plaasgevind op 22 Januarie en die 8-oueraand vind plaas op 25 Januarie om 18:30 in die skoolsaal. Geen formele oueraand sal in die ander grade gehou word nie. U is egter baie welkom om probleme met enige vakonderwyser te bespreek per afspraak. Kontak me Bonthuys by die skool om vir u ‘n afspraak te reël.

Baie welkom

Dis vir ons ‘n groot voorreg om die volgende personeel by Hoërskool Wolmaransstad te verwelkom. Mnr Hennie Muller is aangestel as adjunkhoof en hy sluit by ons aan vanaf Hoërskool Bothaville. Hy is ‘n baie ervare Wiskunde en Fisiese Wetenskap onderwyser. Ons sê ook baie geluk aan me Ansuné Pienaar met haar aanstelling as departementshoof by Wollies. Me Eurika le Roux is oorgeplaas vanaf Hoërskool Douglas. Sy is ‘n baie ervare Rekeningkunde en Rekenaarstoepassingstegnologie onderwyseres en was reeds departementshoof by haar vorige skool. Mnr Hanré Whitehorn begin sy onderwysloopbaan by ons nadat hy afgestudeer het aan NWU. Hy sal Sosiale Wetenskap en Tegnologie onderrig. Baie welkom aan hierdie onderwysers.

Kommunikasie

Ons wil alle nuwe ouers versoek om die D6-kommunikeerder af te laai by http://www.school-communicator.com/downloads/school. Tik die naam van die skool in en laai dit op u rekenaar of selfoon af. Dis die maklikste en goedkoopste manier om met ouers te kommunikeer. Hou ook ons Facebook-blad dop by https://www.facebook.com/Hoërskool-Wolmaransstad-793848637365304/?ref=bookmarks. Daar word gereeld foto’s van die skoolgeleenthede geplaas. Meer formele inligting is beskikbaar op ons webblad by https://www.hswollies.co.za/.

Waardeweek

Ons waardeweek vind plaas van 26 Februarie tot 1 Maart. Vanjaar is die fokus op die vestig van goeie gewoontes. Ons het reeds drie sprekers, nl ds. Daniël de Kock, Corneels Schabort en Jannie de Beer, vasgemaak vir die week. Ouers en leerders word aangemoedig om deel te wees van die waardeweek. Daar sal ‘n ma-en-dogter en pa-en-seun geleentheid wees tydens die waardeweek. Indien u betrokke kan wees as gasheer/gasvrou vir die geleentheid, kontak me Ansuné Pienaar. Daar is groot finansiële uitgawes met die kry van die sprekers. Indien enige ouer voel dat u graag ‘n bydrae wil maak spesifiek vir hierdie geleentheid, kontak me Ansuné Pienaar of Jorina Viviers.

Betrokkenheid

Aan die begin van die jaar doen ek ‘n beroep op elke leerder en ouer om betrokke te wees by die skool se aktiwiteite. Slegs deur betrokke te wees, kan leerders werklik holisties ontwikkel.

Revue

Wollies gaan vanjaar vir die eerste keer in ‘n lang tyd ‘n revue aanbied. Leerders moet oudisies bywoon en oefeninge sal na skool en in die aande plaasvind. Daar sal ook oefenkampe wees wat die leerders moet bywoon. Slegs leerders wat met toewyding gaan oefen, hoef die oudisies by te woon.

Matriekuitslae

Die matriekklas van 2017 het die skool baie trots gemaak. Nie alleen behaal hulle ‘n 100% slaagsyfer nie, maar ook 62.67% leerders slaag met universiteitsvrystelling. Leerders wat kwalifiseer vir diploma en Baccalaureus, is 98.67%. Dis baie belangrik dat ons nie net sal streef na 100% slaag nie, maar ook kyk na die kwaliteit van die kwalifikasie wat ons leerders behaal. Die groep van 75 leerders behaal 86 vakonderskeidings.

Ons toppresteerders was Nameer Kahn, 7 vakonderskeidings en 30e in Noordwes, Milandi Snyman, 7 vakonderskeidings en 50e in Noordwes, Michelle Winter, 6 vakonderskeidings en 52e in Noordwes. Johan Rheeder en Neels van Wyk behaal elk 5 onderskeidings en Muller Vermaak en Lara Jordaan 4 onderskeidings. Dan behaal Heinrich Engelbrecht, Janika Labuschagne en Arno Gouws elk 3 onderskeidings. Veels geluk!

Ek deel graag van die vakprestasies met u:


Vak

Gemiddeld

 Onderskeidings

Afrikaans

 60%

  5

Engels

 70%  

  13

Wiskunde

 62%

  5

Wiskundige Geletterdheid

 59%

  3

Fisiese Wetenskap 

 48%

  4

Lewenswetenskap

 58%

  4

Geografie

 55%

  2

Ekonomie

 55%

  1

Rekeningkunde

 66%

  2

Besigheidstudie

 54%


Verbruikerstudie

 64%

  1

Rekenaartoepassingstegnologie

 50%


Ingenieursgrafika en ontwerp

 55%

  3

Meganiese tegnologie 

 55%


Siviele tegnologie

 65%

  2

Lewensoriëntering

 75%

  41


Dankie aan elke onderwyser wat van graad 8 hard gewerk het om die leerders te onderrig. Ek kan met groot vertroue sê u kinders is in goeie hande. Ons kyk in dankbaarheid terug op ‘n geseënde jaar en plaas ons vertroue vir 2018 in die Hand van ons Hemelse Vader!


Wollie-groete

C. Wassermann

By Anina Koekemoer • October 11, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - PRYSUITDELING 15 Oktober 18:00 vir 18:30 MATRIEKS | EINDEKSAMEN Begin 13 Oktober WILDEKLAWER ATLETIEK NWU TOP 30 15 - 17 Oktober SEUNSKRIEKET | FINAAL 17 Oktober VONKFEES 17 Oktober Hekke open 16:00 Kaartjies beskikbaar by Pick n Pay; HS Adminkantoor of by die hekke.
By Anina Koekemoer • October 6, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - REKORDEKSAMEN GR 12 Begin 25 Augustus SKOOL SLUIT 23 September WEG vs Impala MATRIEKAFSKEID 24 September
By Anina Koekemoer • September 21, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - REKORDEKSAMEN GR 12 Begin 25 Augustus DOGTERSKRIEKET | SEMIFINAAL 14 September WEG vs Impala SEUNSKRIEKET | LIGA 19 September vs SCHOONSPRUIT O/19 WEG O/15 TUIS VLR-KAMP 18 - 20 September Parys
By Anina Koekemoer • September 14, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - REKORDEKSAMEN GR 12 Begin 25 Augustus DOGTERSKRIEKET | SEMIFINAAL 14 September WEG vs Impala SEUNSKRIEKET | LIGA 19 September vs SCHOONSPRUIT O/19 WEG O/15 TUIS VLR-KAMP 18 - 20 September Parys
By Anina Koekemoer • September 7, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - REKORDEKSAMEN GR 12 Begin 25 Augustus DOGTERSKRIEKET 07 September WEG vs Dragons 08 September WEG vs Wesvalia HOKKIE | CURRO FESTIVAL 10 - 12 September WEG - Curro Klerksdorp
By Anina Koekemoer • August 23, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - DOGTERSKRIEKET 20 Augustus TUIS vs KHS KOSHUISAFSLUITING 20 Augustus VLR-KAMP 21 - 23 Augustus RUGBY | NOORDVAAL | FINAAL 22 Augustus TUIS O/15, O/16 & 1stes LANDLOOP | ACNW KAMPIOENSKAPPE 22 Augustus WEG
By Anina Koekemoer • August 17, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - DOGTERSKRIEKET 20 Augustus TUIS vs KHS KOSHUISAFSLUITING 20 Augustus VLR-KAMP 21 - 23 Augustus RUGBY | NOORDVAAL | FINAAL 22 Augustus TUIS O/15, O/16 & 1stes LANDLOOP | ACNW KAMPIOENSKAPPE 22 Augustus WEG
By Anina Koekemoer • August 2, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - OPEDAG 03 Augustus 14h00 RUGBY | NOORDVAAL KWARTFINAAL 08 Augustus TUIS O/15, O/16 & 1stes LANDLOOP | LIGA 08 Augustus WEG Bailie park DOGTERSKRIEKET | TOERNOOI 08 - 10 Augustus TUIS
By Anina Koekemoer • July 27, 2026
“ Opvoeding is nie die vul van 'n emmer nie, maar die aansteek van 'n vuur “ - William Butler Yeats - OUERAAND 27 Julie 17h00 - 19h00 GHOLF | LIGA 27 Julie WEG Potchefstroom REVUE 27 Julie 16h00 Kleedrepetisie REVUE 28 Julie 16h00 Ouetehuis, Laerskool, Daeraadskool REVUE 29 Julie 18h00 vir 18h30 Optrede REVUE 27 Julie 18h00 vir 18h30 Gala-aand RUGBY 01 Augustus TUIS Noordvaal uitspele O/14 - O/19 LANDLOOP | LIGA 01 Augustus Mei WEG Ottosdal HOKKIE | LAERSKOOL HOKKIEFEES 01 Augustus OPEDAG 03 Augustus
Show More