Hoërskool Wolmaransstad Graad-7-van-die-jaar 2018

  • By Jean Booyse
  • 20 Sep, 2018

Hoërskool Wolmaransstad vereer plattelandse presteerders

Hoërskool Wolmaransstad het dit goed gedink om 'n kompetisie te loots, waartydens ons leerders uit plattelandse laerskole kan vereer vir puik prestasies tydens hulle graad 7 jaar. Leerders vanuit Laerskool Wolmaransstad, Laerskool Leeudoringstad, Laerskool Schweizer-Reneke en Laerskool Eben Donges in Bothaville het deelgeneem.

Die 12 finaliste wat tydens die gala-funksie genooi is:
  • Dian van Zyl (L/s Leeudoringstad)
  • Dirkie Mulder (L/sLeeudoringstad)
  • Elanie Havenga (L/sLeeudoringstad)
  • Hansie Muller (L/s Eben Donges)
  • Danielle Hoadley (L/s Schweizer-Reneke)
  • Stiaan Rossouw (L/s Schweizer-Reneke)
  • Luan Kriek (L/s Schweizer-Reneke)
  • ChanéBotha (L/s Wolmaransstad)
  • TuanéBotha(L/s Wolmaransstad)
  • Riandi Hattingh(L/s Wolmaransstad)
  • Danus Hoffman(L/s Wolmaransstad)
  • Divan Steenberg(L/s Wolmaransstad)
Elke leerder het met 'n geskenkpak van meer as 'n R1000 weggestap. Ons wil graag ons borge hiervoor bedank:

  • ‘n Hoërskool Wolmaransstad hempie, geborg deur “Print a Gift”, Mienkie Heenop.
  • ‘n Steers koopbewys ter waarde van R60.
  • ‘n Spar koopbewys ter waarde van R100.
  • Een Standaard Pizza by Street Café, Die Wynhuis.
  • ‘n Koopbewys by Die Huisvrou, Tannie Ansa, ter waarde van R100.
  • ‘n Shoprite Checkers koopbewys van R200. Dankie Wolmaransstad tak.
  • Buisfontein het vir ons die wildsrit geborg waarop die kinders was.
  • Elzieta’s gee vir elke dogter ‘n geskenkie.
  • ‘n Hoërskool Wolmaransstad das, geskenk deur Hoërskool Wolmaransstad.
  • R200 kontant geborg deur die Bond van Oud Wollies.
Die wenner van die aand was ChanéBotha, sy het met 'n addisionele R300 koopbewys van Spar weggestap. Sy het ook R300 kontant by die Bond van Oud Wollies ontvang, en 'n jaar se skoolgeld ter waarde van R12 000 geborg deur Hoërskool Wolmaransstad.

Baie dankie aan elke leerder, Wollie-personeellid, ouer en borg wat van hierdie kompetisie 'n reuse sukses gemaak het.

Dit was voorwaar vir ons as Hoërskool 'n absolute eer en voorreg om julle blink sterretjies by ons te hê. Sterkte met julle laaste kwartaal in die Laerskool.

Wollie-groete

By Anina Koekemoer April 25, 2025
Program vir die week (29 April - 05 Mei)
By Anina Koekemoer April 18, 2025
Program vir die week (21 - 28 April)
By Anina Koekemoer April 11, 2025
Program vir die week (14 - 20 April)
By Anina Koekemoer March 22, 2025
Program vir die week (24 - 30 Maart))
By Anina Koekemoer March 14, 2025
 Program vir die week (17 - 23 Maart)
By Anina Koekemoer March 7, 2025
Program vir die week (10 - 17 Maart)
By Anina Koekemoer February 27, 2025
Program vir die week (03 - 09 Maart)
By Anina Koekemoer February 20, 2025
Program vir die week (24 Februarie - 02 Maart)
By Anina Koekemoer February 14, 2025
Program vir die week (17 - 23 Februarie)
Show More