Dogterskrieket kraai weer koning!

Anina Koekemoer • October 23, 2019

Die kolwe het geklap, die paaltjies het gespat en Wollies se eerste dogterskrieketspan het die seisoen
onoorwonne klaargemaak. Met harde werk, deursettingsvermoë en vasberadenheid is elke wedstryd
gedurende die seisoen aangepak.

Wollies het bo in hulle poel geëindig nadat hulle Schweizer-Reneke, Schoonspruit, Gimmies, Mathlosana
Hub en Ikageng Hub oortuigend gewen het. In die semi-finaal reken hulle af met Hoërskool Rustenburg
en kom weer teen Ikageng Hub te staan in die finaal.

Die finaal het plaasgevind op die Witrand Oval, in Potchefstroom. Wollies het die loot gewen en besluit
om eerste veldwerk te doen.Wollies haal Ikageng almal uit vir 94 lopies, in die 16de beurt. Wollies gaan
hierdie telling verby in die 13de beurt met slegs 2 paaltjies plat, danksy goeie kolfwerk deur Wilmi
Mostert en Melissa Erasmus.

As Noordwes wenners het Wollies weereens bewys dat hulle nie terugstaan vir skole met ‘n baie hoër
leerlingtal nie.

Saam met hierdie uitnemend dogters gee ons al die eer aan die Here.

Soli deo Gloria.

By Anina Koekemoer August 1, 2025
“Education breeds confidence. Confidence breeds hope. Hope breeds peace.“ - Confucius-2 RUGBY 02 Augustus TUIS Noordvaal Uitspele LANDLOOP 02 Augustus TUIS ATKV REDENAARS LANDSFINAAL 06 Augustus TENNIS | SEMIFINAAL 1ste seunspan 08 Augustus WEG vs Vryburg STREEKSKIET | DIAMANTTAK 09 Augustus Makwassie NETBALDINEE 21 Augustus
By Anina Koekemoer July 25, 2025
“Education breeds confidence. Confidence breeds hope. Hope breeds peace.“ - Confucius-2 OUERAAND 28 Julie 17:00 - 19:00 OPEDAG 30 Julie 14:30 vir 15:00 DOGTERSKRIEKET 26 Julie Werkswinkel RUGBY 26 Julie WEG vs HS Welkom Gim 02 Augustus TUIS Noordvaal Uitspele LANDLOOP 02 Augustus TUIS ATKV REDENAARS LANDSFINAAL 06 Augustus KOSHUISAFSLUITING 14 Augustus
By Anina Koekemoer May 25, 2025
EKSAMENROOSTER (28 Mei - 27 Junie)
By Anina Koekemoer May 23, 2025
Program vir die week (26 Mei - 01 Junie)
By Anina Koekemoer May 16, 2025
Program vir die week (19 - 25 Mei)
By Anina Koekemoer May 8, 2025
Program vir die week (12 - 18 Mei)
By Anina Koekemoer April 25, 2025
Program vir die week (29 April - 05 Mei)
By Anina Koekemoer April 18, 2025
Program vir die week (21 - 28 April)
By Anina Koekemoer April 11, 2025
Program vir die week (14 - 20 April)
Show More