AKADEMIESE NUUS!!!

  • By Jean Booyse
  • 29 Aug, 2018
Hoërskool Wolmaransstad het wonderlike akademiese nuus ontvang. Vanaf 2019 gaan ons skool twee ekstra vakke aanbied, wat van graad 10 af sal infaseer. Toerisme en Landbouwetenskap sal vir alle huidige en toekomstige graad 9 leerders 'n ekstra keuse wees uit 'n alreeds wye vakkeuse van 10 algemene vakke. Dit word alles aangebied tesame met ons volle tegniese stroom waar leerders in 4 gebiede kan spesialiseer.

Hoërskool Wolmaransstad kondig ook dan met trots aan dat ons in 2019 'n satellietkampus van Sol-Tech Beroepsopleidingskollege word. Ons gaan oorbruggingskursusse aanbied aan leerders wat oorweeg om ambagsopleiding te ondergaan, maar nie oor die nodige kwalifikasies beskik om toelating tot Sol-Tech te kry nie. Die program duur 6 maande en kontaksessies sal op Saterdae geskied. (een Saterdag per maand). Leerders wat reeds gr 12 behaal het, maar nie die korrekte vakke of punte behaal het nie, sal ook kwalifiseer vir die kursus. Belangstellende persone kan me Wassermann by die skool kontak op 018-5961113.
By Anina Koekemoer April 25, 2025
Program vir die week (29 April - 05 Mei)
By Anina Koekemoer April 18, 2025
Program vir die week (21 - 28 April)
By Anina Koekemoer April 11, 2025
Program vir die week (14 - 20 April)
By Anina Koekemoer March 22, 2025
Program vir die week (24 - 30 Maart))
By Anina Koekemoer March 14, 2025
 Program vir die week (17 - 23 Maart)
By Anina Koekemoer March 7, 2025
Program vir die week (10 - 17 Maart)
By Anina Koekemoer February 27, 2025
Program vir die week (03 - 09 Maart)
By Anina Koekemoer February 20, 2025
Program vir die week (24 Februarie - 02 Maart)
By Anina Koekemoer February 14, 2025
Program vir die week (17 - 23 Februarie)
Show More