
GROOT GENOEG VIR GELEENTHEDE, KLEIN GENOEG VIR OMGEE
HOËRSKOOL WOLMARANSSTAD
Hoërskool Wolmaransstad is op 25 Augustus 1921 met 75 leerlinge en 6 leerkragte gestig. Die Hoër Tegniese Skool Wolmaransstad het op 27 Februarie 1929 sy deure geopen as ‘n ambagskool. In 1982 het die skole geamalgameer om Hoërskool Wolmaransstad te vorm.
Sederdien staan Wollies uit as ‘n dapper voorloper, wat rigtinggewend die toekoms inloop onder plattelandse skole. Ons leuse – Leef en Groei – spreek daarvan dat ons leerders holisties kan groei tot goeie, verskilmakende Suid-Afrikaners.
VISIE
‘n Gesogte skool geskoei op waardegedrewe kwaliteitopvoeding in ‘n veilige plattelandse
omgewing.
MISSIE
Ten einde ons visie te realiseer, sal die volgende gedoen word:
- Ontwikkel trotse, gebalanseerde
en verantwoordelike
landsburgers in ‘n religieuse gemeenskap.
- Die volgende waardes moet in die saal, die klas, op die sportveld en op kultuurgebied beskerm en gekweek en deur opvoeders voorgeleef word: trots, respek, integriteit en lojaliteit.
- Ons bied gebalanseerde opvoeding
aan leerders met akademie as hooffokus. Ontwikkelings- en prestasiegeleenthede word ook op sport- en kultuurgebied aangebied, sodat leerders hulle volle potensiaal bereik.
- Deur ‘n fokus op tegniese onderwys
word leerders voorberei vir die arbeidsmag.
- Die waardes van die Grondwet
en die skool se gedragskode
sal die waardes wees waarvolgens ‘n gedissiplineerde omgewing geskep word waarin elke leerder tot sy/haar reg kan kom.
- Leerders word toegerus met vaardighede
om in ‘n span te kan funksioneer.
- Innoverende en dinamiese kommunisie
word gebruik om rolspelers op hoogte te hou van die skool se prestasies en aktiwiteite.
- Genoegsame finansiële hulpbronne word gegenereer sodat noodsaaklike hulpmiddels en infrastruktuur, tot voordeel van die leerders, ontwikkel kan word.
ONS SKOOL
Akademie
Hoërskool Wolmaransstad is verseker die beste skool in Noordwes, wanneer dit kom by geleenthede
op akademiese gebied.
Sport
Hoërskool Wolmaransstad bied vir leerders ‘n ongelooflike geleentheid om aan ‘n wye
verskeidenheid aktiwiteite deel te neem.
Kultuur
Hoërskool Wolmaransstad se kultuur groei teen ‘n merkwaardige tempo. Ons het in die laaste twee
jaar ons kultuur uitgebrei.