KOSHUIS

KOSHUIS


Wolmaransstad beskik oor 4 groot koshuise en kan tot 300 persone akkomodeer. Ons koshuise is die hartklop van ons Hoërskool en bied vir leerders wat ver bly die geleentheid om die volle Wollies-ervaring te kry


 

  • Van Der Horst Seunskoshuis:

 

Tans het ons ongeveer 50-60 seuns in ons koshuis. Ons koshuise bied 'n geleentheid vir enige jong seun om 'n verantwoordelikheidsin aan te leer en te groei in 'n jong selfstandige man. 


 

  • Wentzel Meisieskoshuis:

 

Hier is ook ongeveer 50-60 meisies in die koshuis. Ons meisies leer hier die waarde van vriendskap en word spreekwoordelik susters in die koshuis. Hulle groei in jong dames wat standvastig die samelewing kan binnegaan.


Koshuisaktiwiteite sluit die volgende in:

 

  • Koshuisdinee
  • Koshuis potjiekos
  • Mnr. en Me. Koshuis
  • Koshuissokkies

 

Studietye:

19:00 tot 20:00 en weer 20:15 tot 21:15


Bus:

Ons het 'n bussie wat elke Maandagoggend verby Schweizer-Reneke loop na Migdol en dan na Glaudina. Kostes verbonde aan hierdie bussie is R40 vir 'n enkelrit of R300 per maand. Busgeld kan by die finansies beampte, Me. C. Badenhorst, inbetaal word. Dit kan ook elektronies betaal word met die verwysing: "Leerder naam BUSGELD"


Tye vir Maandae:

05:25 by Werda in Schweizer-Reneke

05:55 by Migdol


Tye vir Vrydae:

14:15 by Werda in Schweizer-Reneke

14:45 by Migdol


Kostes:

R 2100.00 per maand vir 11 maande

Of

R 6300.00 per kwartaal vir kwartaal 1, 2 en 3.

R 4200.00 vir kwartaal 4.

Of

R 23 100.00 per jaar vooruitbetaalbaar.

Share by: