AKADEMIE

AKADEMIE


Hoërskool Wolmaransstad is verseker die beste skool in Noordwes, wanneer dit kom by geleenthede op akademiese gebied. Ons beskik oor ‘n wye verskeidenheid vakke vir ‘n algemene studierigting, asook ‘n volle tegniese studierigting. 


2023 Resultate

73 Kandidate lê die eindeksamen af en Wollies verwerf 'n 100% slaagsyfer.

Wollies is trots daarop om 5de geplaas te wees in die provinsie.


Leerders behaal 'n 100% slaagsyfer in Rekeningkunde, Afrikaans Huistaal, RTT, Verbruikerstudies, Ekonomie, Geografie, Elektriese tegnologie, Siviele tegnologie, Pas-en-draai, Motors, IGO, Engels EAT, LO, Wiskundige geletterdheid, Wiskunde, Tegniese Wiskunde, Tegniese Wetenskap en Toerisme.


Wollies behaal die volgende posisies per vak in Noordwes:

Tegniese Wiskunde                 1ste

Pas-en-draai                              1ste

Siviel                                           2de

Verbruikerstudies                     4de

Tegniese Wetenskap               7de

Motors                                       7de

Elektries                                     8ste

IGO                                             15de

Afrikaans HT                            16de

Engels FAL                                19de

Fisiese Wetenskap                  19de


Leerders behaal merkwaardige prestasies.

Masegi Ramantsi behaal 5 onderskeidings.


Chané Botha behaal 4 onderskeidings met die 5de beste vakprestasie in Verbruikerstudies, 42ste in LO en 65ste in Afrikaans in Noordwes Provinsie. Thandi Mothupi behaal 4 onderskeidings.


Caitlyn Lotter en Johan van Niekerk behaal elk 3 onderskeidings.


Dian van Zyl behaal die 6de beste vakprestasie in Tegniese Wiskunde, die 7de beste vakprestasie in Pas-en-draai en die 21ste beste vakprestasie in Tegniese Wetenskap in Noorwes.


Verskeie ander leerders behaal beste vakprestasie in ander vakke in Noordwes.


VAKKEUSES Gr 10 - 12


Algemeen:

Ons spog met topgehalte onderwysers in al die vakgebiede en bied ‘n wye vakkeuse aan die leerders. 


Hy/sy sal drie van die volgende vakke kan kies:
 

 

  • Fisiese Wetenskappe
  • Lewenswetenskappe
  • Rekeningkunde
  • Ekonomie
  • Besigheidstudie
  • Verbruikerstudie
  • Geografie
  • Rekenaartoepassingstegnologie
  • Toerisme
  • Landbouwetenskap
  • Landboubestuurpraktyk
  • Landboutegnologie
  • Musiek

 

Hy/sy sal hierdie vakke saam met Afrikaans (Huistaal), Engels (Eerste Addisionele Taal) en Lewensoriëntering neem, asook ‘n keuse tussen Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid.


Wanneer u kind Fisiese Wetenskap of Rekeningkunde gaan neem in graad 10, sal Wiskunde verpligtend wees.

Skool Inskrywingsvorm

Tegnies:

Ons tegniese werkswinkels is van die beste in die provinsie. Ons beskik oor 4 werkswinkels wat top- gehalte toerusting en masjienerie bevat.

Hier gaan u kind kan spesialiseer in ‘n spesifieke tegniese rigting, waar hy/sy dan na matriek met ‘n kwalifikasie gelykwaardig aan N3 sal uitstap. Hierdie gesogte kwalifikasie plaas u kind reeds op die regte pad na ‘n ambag, waarna daar tans ‘n aanvraag in ons land is.
U kind sal die volgende vakke neem: 
  • Afrikaans, Huistaal
  • Engels, Eeste Addisionele Taal
  • Lewensoriëntering
Hy/sy gaan ‘n keuse hê tussen:
  • Wiskunde of Tegniese Wiskunde
  • Fisiese Wetenskap of Tegniese Wetenskap
(Weereens onder die voorwaarde dat indien hy/sy Fisiese Wetenskappe neem, hy/sy Wiskunde ook moet neem)

Sy/haar laaste keuse is die spesialis vakrigting:
  • Meganiese Tegnologie:

    (Keuse van 2 rigtings)
    • Pas- en Draaiwerk
    • Motorswerktuigkunde
  • Siviele Tegnologie:
    • Konstruksie
       
  • Elektriese Tegnologie 
Skool Inskrywingsvorm
Share by: